Kom sluit by ons aan!
As jy by ons besoek aflê sal jy gou sien dat ons kerk uit mense bestaan soos jy! As gemeente is ons lief vir God en vir mense; en ons droom van 'n gemeenskap wat nie deur ras of agtergrond verdeel word nie, maar wat verenig is deur Jesus se liefde.
Ons roeping en passie is om die lewe wat God gee in ons generasie in te bou, en die lig van Sy koninkryk in elkeen aan te steek. Ons droom van families, jong werkendes, jongmense en studente; almal saamgebind en ingeskakel in ons dinamiese gemeenskap.
KLC is 'n beweging van kerke wat saamwerk om verandering in die wêreld te bring deur 'n netwerk van kerkleiers, internasionale byeenkomste, opleiding sessies en hulpbronne wat God se Koninkryk op aarde vestig.
Om dit te bewerkstellig is daar mense en spanne regoor die wêreld wat hierdie gedeelde visie nastreef. Dit alles neem tyd, investering en toepassing van ons elkeen se Godgegewe gawes.
Ons sien uit om jou te ontmoet!
Hennie en Salomie Botha
Senior Pastore, Stellenbosch

Basiese Info
Diens elke Sondag 10h00
P.J Olivier Kunsskool Kunssentrum, 3 Blom Straat, Mark str ingang, Stellenbosch, Wes-Kaap.
Kinderkerk tydens die diens, direk na lofprysing & aanbidding.
Teken in + laai Potgooi Preke af + luister enige tyd
"Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God" Rom 10:17
